Terugbetalings

  • Geregistreerde naam Proudly Meerkat (Pty) Ltd
  • Registrasienommer 2015/334790/07
  • Adres 680 Lassiestraat, Garsfontein, Pretoria
  • Inligtingsbeampte Henri du Toit

Die kort weergawe

Digitale lêers kan nie teruggegee word nie. Sodra 'n gids afgelaai is, kan ons dit nie ongedaan maak nie, en daarom betaal ons nie terug nadat 'n gids afgelaai is nie, behalwe in die twee gevalle hieronder.

Wanneer ons wel terugbetaal

Het jy per ongeluk twee keer vir dieselfde gids betaal, of maak die lêer glad nie oop nie en ons kan dit nie regmaak nie — sê so en ons betaal terug.

Wat ons eers probeer

Werk 'n aflaai nie, stuur vir ons 'n boodskap. In die meeste gevalle is dit 'n skakel wat verval het of 'n e-pos wat in die gemorspos beland het, en dit is gewoonlik maklik om reg te kry.

Hierdie posisie staan hier voordat jy betaal, nie daarna nie.

Jou regte onder die wet

Niks op hierdie bladsy beperk of neem die regte weg wat jy as verbruiker onder die Wet op Verbruikersbeskerming of die Wet op Elektroniese Kommunikasie en Transaksies het nie. Waar hierdie bladsy en die wet verskil, geld die wet.

Kontak

E-pos: hulp@proudlymeerkat.com
WhatsApp: 082 264 4827